Monday, November 10, 2008

Besoek aan Blois en Mer - 2005

Na die Bruwer re-unie van 2003 het ʼn paar van ons besluit om te gaan kyk waar Estienne vandaan kom. So kom dit ook dat ons in 2005 na Blois is, om onder andere te gaan kyk na die koetse wat in Chambord kasteel uitgestal word. Daar was ʼn storie dat Estienne van die koetse gebou het.
Dit was wonderlik om in die strate van Blois en Mer te stap en van die geboue en kastele te sien wat in Estienne se tyd alreeds daar was.










Van links na regs op die foto: Magda Bruwer, Johan Bruwer, Ella Gerryts (Bruwer), Marie Steyn (Bruwer), Elsa Botha (Bruwer), Bets Fourie (Bruwer) en Ester Mostert (Bruwer).











Kasteel in Blois wat alreeds van 1429 bestaan. Nie vêr van die kasteel is daar nog fondasies van kerke wat vanaf 1258 dateer.

Mer is ʼn klein plattelandse dorpie met landerye tot in die dorp. Die Katolieke kerk links lyk baie oud en is erg verwaarloos – kon geen datum op sy mure sien nie.
Daar is blykbaar nog drie huise in die dorp wat deur Hugenote bewoon was. Ons het in een geslaap wat as ʼn gastehuis gebruik word.













Die museum en ʼn rivier wat deur Mer loop.










Chambord kasteel en een van die koetse wat ons wou gaan sien. Die koetse is egter eers in 1873 gebou.

Plante is een van my stokperdjies – veral inheemse bome.

Hier volg ‘n paar adresse wat moontlik ook vir jou interessant mag wees.

Make The Worlds Ultimate Natural Fertilizer, Colloidal Humus, Without Bins, Turning Or Odor.
Click Here!

A Complete System With E-book And Audio Book To Help You Grow Grapes The Correct Way. Upsell, With Recurring Options, Makes This One Of The Best Gardening Products On CB. Good Conversion And Minimal Refunds.
Click Here!

Learn How To Start Up Or Enhance Your Own Organic Vegetable Garden At Home. Everyone Can Save Money On Food Bills And Produce Superior Fruit And Vegetables.
Click Here!

1 comment:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.